Dagprogram
'n Georganiseerde dagprogram help kinders van enige ouderdom om meer beskermd en standvastig te voel asook om meer verantwoordelik en gedissiplineerd te word. Roetine help ook om almal rustig te hou en verhoed dat daar onnodige probleme opduik.
Roetine is die daaglikse proses waarvolgens aktiwiteite plaasvind. Dit gee orde in die gesin en in die skool. Kinders wat weet wat van hulle verwag word, kan meer gepas vir die situasie optree as ‘n kind wat nie weet wat van hom of haar verwag word nie.
3 maande tot 18 maande
"on demand" roetine vir babatjies onder 12 maande
Ontbyt: 06:15 - 08:15
Oggendslapie: Na ontbyt
Versnappering: 09:30 - 10:00
Middagete: 11:00 - 12:00
Middagslapie: Na middagete
Versnapperings: Na middagslapie
2 en 3 jariges
Ontbyt: 07:00 - 08:15
Tema bespreking: 08:30 - 09:15
Versnappering: 09:30 - 10:00
Middagete: 11:30 - 12:00
Middagslapie: 12:15 - 14:30
Versnapperings: Na middagslapie
4 en 5 jariges
Ontbyt: 07:30 - 08:15
Tema bespreking: 08:30 - 10:00
Versnappering: 10:10 - 10:30
Middagete: 12:15 - 12:40
Middagslapie: 12:45 - 13:45
Versnapperings: Na middagslapie